Welkom by Laeveld Agrochem se Landbou Seil-Safari!

Om te sê almal in landbou is in dieselfde bootjie, klink miskien negatief. Maar die gety is besig om te draai, danksy Laeveld Agrochem se SEIL-SAFARI. 

So, wat is SEIL-SAFARI? Dit is ‘n baanbreker-geleentheid, ‘n unieke ekspedisie vir boere en hul gesinne EN die eerste boeredag op water, met ‘n bestemming duisend: die Portugese Eiland en Pomene in Mosambiek! 

Vir vier dae, vanaf 9 tot 13 April, sal beide groot - en nisboere hulle nie soseer in dieselfde bootjie bevind nie, maar op dieselfde luukse passasierskip. Vir die boere is daar die geleentheid om inligting in te win en heerlik uit te span en vir hul wederhelftes en kinders is dit heeltyd speeltyd. 

Om seker te maak jy kry nie net inligting en tyd vir ontspan nie, maar ook ‘n weeldekajuit met ‘n uitsig, bespreek vandag nog.

Jy sal nooit terugkyk nie, want met Laeveld Agrochem boer en vaar jy vooruit.